Afriforum: Suksesvolle wilddiefstal arrestasie
BRITS – Woensdag middag om 15h00 is Afriforum GOS Kamer gekontak in verband met n moontlike wilddiefstal transaksie wat sou plaasvind. Alle rolspelers is gekontak en n operasionele plan is saamgestel en geloods om die verdagtes aan te keer.
Tydens die uitvoer van die operasie is 2 verdagtes aangekeer waar hulle besig was om die transaksie uit te voer insake die verkoop van die gesteelde lewende hawe.
Die verdagtes is oorhandig aan SAPD wat n verklaring geneem het van die eienaar van die lewende hawe en n saak is geopen. Die saaknommer sal aangestuur word op n latere stadium.
Na die toneel deur die nodige SAPD personeel ondersoek is en al die nodige forensiese werk afgehandel was het al die rolspelers van die toneel onttrek.
Ons wil baie graag vir Protego sekuriteitsdienste sowel as SAPD bedank vir hulle hulp en bystand tydens die arrestasie. Julle is ysters en ons waardeer julle. Johan en Ella van Protego het sonder om te skroom opgedaag na Afriforum hulp gevra het. Goeie werk manne.
Dan baie dankie aan elke Afriforum lid wat sy oujaarsdag opgeoffer het om te kom help. Julle is spesiaal manne, en word uit ons harte waardeer. Dankie Carel dat jy altyd daar is as Ops leier wanneer ons op jou knoppie druk. ‘n Uiters suksesvolle afsluit van die oujaar vir ons Brits Afriforum buurtwagtak.
Rolspelers:
– Brits Afriforum buurtwag
– Protego sekuriteit
– SAPD