Kind sterf, ma en dogter krities na dronk bestuurder in hulle vasjaag
HARTBEESPOORT – ‘n 29-jarige motoris sal na verwagting op Vrydag, 27 Desember 2024 in die Brits-landdroshof verskyn vir strafbare manslag en bestuur onder die invloed van alkohol na haar arrestasie deur lede van Hartbeespoortdam op Kersdag.
Volgens inligting is die polisie ingelig oor ‘n swart Volkswagen Amarok-bakkie wat teen ‘n ma en haar twee kinders in Kosmos, naby die Caribbean Beach Estate gebots het. Op die ongelukstoneel is ‘n 5-jarige meisie deur die nood- en mediese reddingsdienste (H.E.M.S) se paramedici dood verklaar na erge skade aan haar liggaam weens die impak.
Die tweede slagoffer (22), wat die ma van die twee kinders is, is na ‘n plaaslike hospitaal geneem in Brits met ernstige kopbeserings waar sy later na ‘n hospitaal in Pretoria oorgeplaas is. Die derde slagoffer, wat ‘n babadogtertjie is, is ook in ‘n ernstige toestand opgeneem. Die verdagte is onmiddellik gearresteer en aangekla van bestuur onder die invloed van alkohol asook strafbare manslag.
Die waarnemende provinsiale kommissaris van Noordwes, generaal-majoor Patrick Asaneng het motoriste gewaarsku om hulle te weerhou van drink en bestuur aangesien die polisie en ander wetstoepassings agentskappe nie sal skroom om die Nasionale Padverkeerswet, toe te pas nie.
Ons innige meegevoel met die familie en vriende van die slagoffers na hierdie gru-ongeluk. Baie dankie aan alle nooddienste vir toneel beheer en skoonmaak.