‘Chaos’ toe brand verwoesting saai in Brits Nywerheidsgebied

BRITS – Saterdag omstreeks 12:00 die middag het ‘n verskriklike brand uitgebreek in Piet Rautenbach straat in Brits se nywerheids gebied. Daar was aanvanklik gedink dat International Bag Buyes se stoor aan die brand geslaan het. Met aankoms op die toneel was gesien dat die afval fabriek langs I.B.B aan die brand geslaan het en geweldige skade aan die geboue en perseel aangerig het.

Madibeng se Brandweer span was met spoed op die toneel. Die brand was gelukkig geblus voordat dit na naby fabrieke kon versprei. Baie dankie vir alle nooddienste wat op die toneel was en gehelp het om die vlamme te veg!