Watervoorsiening onderbrekings in Brits op ‘n ‘einde’ – of nie?
BRITS – Die gebiede van Brits en Oukasie wat die naweek watertekorte ervaar het, was weens kragtoevoeronderbrekings by die watersuiweringsaanleg. Maar nuwe probleme het ontstaan weens barste aan die inlaat- en uitlaatpype van die Dorp se Reservoir.
Die herstelwerk aan die Dorp se Reservoir inlaat- en uitlaatpype is Sondagaand voltooi. Met die verspreiding van water na die geaffekteerde gebiede, Brits en Oukasie, is egter gevind dat die verspreidingslyn na Brits lek.
Die instandhoudingspan is teruggeroep om die lekkende verspreidingslyn (Brits) te herstel. Die verspreidingslyn na Oukasie is egter nie geraak nie en toevoer na die gebied is geleidelik herstel.
Volgens die Wyk groepe van Brits was water Maandag nag ná 22:00 volop op pad na alle gebiede in Brits voordat daar weer probleme ontstaan het toe die pyp wat herstel was, gebars het. Die instandhoudingspan sal môre oggend (Woensdag) die werk kan hervat en die pyp met n nuwe staalpyp vervang.
Inwoners word aangeraai om water spaarsamig te gebruik waar hulle kan. Daar sal verdere inligting oor die water toevoer op die Wyk groepe van die dorp gedeel word.