Verdagte probeer vlug, spring uit venster op derde verdieping

SOUTHRIDGE – ‘n Inbreker is beseer nadat hy uit ‘n venster op die derde verdieping gespring het in ‘n poging om offisiere te ontduik toe hy gisteroggend aangekeer is. Ongeveer 08:00 het die RUSA Operasionele Sentrum ‘n oproep ontvang van ‘n inbraak wat aan die gang was in Primrose-rylaan. Reaksiebeamptes is onmiddellik uitgestuur en met hul aankoms het lede van Dev Security ontmoet.

Dit is bevestig dat die verdagte deur ‘n venster toegang bekom het en steeds in die huis was. Beamptes was besig om die huis deur die beskadigde venster binne te gaan toe die verdagte probeer vlug het, deur by ‘n venster op die derde verdieping uit te spring.

Hy het beserings aan albei sy bene opgedoen nadat hy op ‘n betonvloer etlike meters onder die venster aan die agterkant van die eiendom beland het. Die huiseienaar het kort daarna opgedaag en ‘n sak wat aan die verdagte behoort is binne die huis ontdek. Dit was gepak met waardevolle items wat uit die huis gesteel is. Die huis is oor die afgelope drie dae, drie keer al by ingebreek.

Geslote deure wat na kamers lei, is ook beskadig. Dieselfde verdagte het glo die huis geteiken. Die 41-jarige inwoner van Trenance Park is gearresteer en aan die Verulam SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.