Drie verdagtes vasgetrek na jaagtog
ALBERTON – Drie verdagtes was besig om ‘n hek in die Brackenhurst-omgewing oop te breek toe ‘n inwoner hulle gewaar. Hulle het van die toneel gevlug, maar hul beskrywing is aan Fox Security spanne gegee vir uitkyk.
Tydens ‘n roetine-patrollie later die aand het Fox Reaction-beamptes die voertuig gesien wat stadig deur die strate ry. Toe die verdagtes die Fox beampte opmerk, het hulle begin wegjaag.
Die beampte het vir steun ontbied en met hulp is daarin geslaag om die voertuig by ‘n nabygeleë vulstasie te stop. Die drie verdagtes is by Brackendowns SAPD aangehou vir verdere ondersoeke. Werk welgedaan offisiere!