Wat ‘n vreugde to Kersvader Brits besoek!

BRITS – Kinder harte was vreeslik bly gemaak gister aand, toe ‘n konvooi voertuie deur ons dorp gery het en om en by 1,000 geskenkpakkies uitgedeel het aan opgewonde kindertjies.

Hierdie inisiatief was moontlik gemaak deur onder andere, die NG Kerk Krokodilrivier en H.E.M.S, kompleet met Kersvader agter op ‘n een van die voertuie vol liggies, en H.E.M.S se serenis wat van ver af gehoor kon word!

Verbase inwoners het uit hul huise gestroom om die ‘Kers-konvooi’ te verwelkom! Kinders het baie vinning verstaan dat geskenkpakkies aan hulle oorhandig gaan word met die geroep van Kersvader.

Baie dankie aan al die persone en instansies wat betrokke was by hierdie wonderlike insiatief vir die gemeenskap. Die aand sal vir altyd ‘n spesiale plek in ons kinders se harte hê.