Hoekom moet julle altyd so naby ry?
HARTBEESPOORT – Dinsdag het die H.E.M.S span saam met Station 21 Fire & Rescue gereageer op ‘n ongeluk op die R512 naby Mountain Lake-sentrum. Met hul aankoms op die toneel is een pasiënt met ligte beserings op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling.