BREAKING NEWS: Nog winkels toegemaak, verskeie vervalde kos vernietig
LETHLABILE – Op Dinsdag, 10 Desember 2024, het Madibeng Munisipaliteit, in samewerking met SAPD, Madibeng Traffic, Madibeng Fire and Disaster, Madibeng Health en Bojanala Distriksmunisipaliteit, sy veldtog voortgesit om die voldoening van plaaslike voedselwinkels en spaza winkel in Lethlabile te kontroleer.
Daar was ook beslag gelê en die vernietiging van nie-voldoenende en vervalde kosse. Sekere van die winkels in die area is ook gesluit. Voedselveiligheid en die behoefte om regulasies by alle kruideniersware- en spaza-winkels word tans in groot dele van ons gemeenskap asook land af gedwing. Dit kom nadat talle kinders siek geword en gesterf het nadat besmette voedsel by spaza en ander voedsel winkels gekoop was.