Vinnige reaksie lei tot trugvind van gekaapte voertuie
BRITS – Drie gekaapte voertuie is tydens drie verskeie operasies in ons gemeenskap deur die Protego Security Group se reaksiespanne gevind. ‘n Quantum met twee Isuzu Bakkies is teruggevind. Een verdagte is gearresteer en al drie misdaadtonele is aan die SAPD oorhandig vir verdere ondersoeke. Werk welgedaan manne!