Boer skiet verdagte dood wat op hom afstorm met panga
MAMOGALESKRAAL – Saterdag oggend omstreeks 09:30 het ‘n man en sy vrou wat op ‘n plaas in die gebied woon, ‘n geraas gehoor by die stoor op die erf. Die man het sy pistool dadelik gevat en saam sy vrou ondersoek gaan instel wat die geraas kon veroorsaak.
Naby die stoor het verdagte man op die egpaar afgestorm met ‘n panga waarby die man ‘n waarskuwing skoot geskiet het. Die verdagte het steeds op hulle afgestorm met die panga in sy hand, waarby die man toe ‘n tweede skoot afgevuur het wat die verdagte noodlottig gewond het.
Die egpaar het terug gehardloop na hul huis en Secure Guarding Sekuriteit geskakel om hulp te ontbied. Omstreeks 09:40 het Secure Guarding reaksie spanne eerste afgestaan op die toneel.
Met reaksie spanne se aankoms op die perseël was die verdagte reeds oorlede. SAPS Brits was gekontak en die toneel is aan hulle oorhandig. Baie dankie aan Secure Guarding vir julle blitse reaksie!