Afriforum buurtwagte bring glimlaggies vir kinders

BLOEMFONTEIN – AfriForum Buurtwagte het die gees van gee en omgee hierdie feestyd na die suidelike voorstede van Bloemfontein gebring. Op 29 November het hulle ʼn spesiale inisiatief van stapel gestuur wat kinders met vreugde en lekkernye bederf het. Hierdie projek is meer as net ʼn tradisie – dit is ʼn bewys van AfriForum se toewyding tot beide gemeenskapsveiligheid en -versorging.

Met ʼn konvooi van voertuie, het AfriForum911 Reaksie-Eenheid, AfriForum Brandweer/Fire Ops SA, AfriForum Buurtspan, en verskeie Buurtwagte strate gevul met kersliedere en liggies, en kinders verheug met die verskyning van Kersvader. Groot glimlagte en vreugdevolle oomblikke het getuig van die impak wat hierdie gebaar op die gemeenskap gemaak het.

“Ons doel is nie net om ʼn veilige omgewing te skep nie, maar ook om ʼn toekoms van hoop en blydskap vir ons kinders te verseker,” sê Christo Groenewald, Distrikskoördineerder van AfriForum Bloemfontein. “Hierdie projek is ʼn herinnering dat klein dade van goedheid die grootste verskille kan maak.”

Dankie aan al ons rolspelers wat hierdie projek moontlik gemaak het:

– AfriForum911 Reaksie-Eenheid
– AfriForum Brandweer/Fire Ops SA
– AfriForum Bloemfontein Buurtspan
– AfriForum Langenhovenpark Buurtwag
– AfriForum Wilgehof Buurtwag
– AfriForum Pellissier Buurtwag
– AfriForum Fichardtpark Buurtwag
– AfriForum Hospitaalpark Buurtwag
– AfriForum Uitsig Buurtwag
– AfriForum Jeug
– Bloemsec Sekuriteit
– Fidelity ADT Sekuriteit

“Hiermee wil ek almal bedank wat betrokke was by die Afriforum “Christmas Run”!

Dit het waarlik geluk en vreugde in die gemeenskap gewek en daarom wil ek elke gemeenskap- en reaksie lid bedank vir die bereidwilligheid om deel te neem en in te koop. Dankie dat julle help deelvorm het van die verskil wat Afriforum in mense se lewens maak.

Dit was n groot sukses om te sien dat ons as Bloemfontein gemeenskap kan saamstaan en die vreugde en liefde in Kersfees terugsit!” sê Marius Dobson, Takvoorsitter van AfriForum Langenhovenpark en organiseerder van die projek.