Dit was nou ‘n regte ‘Donder’-dag

ELANDSRAND – Die gemeenskap van Oukasie het gister aand (Donderdag) omstreeks 22:00 drie verdagtes gevang en goed “sout en peper” gegee nadat die drie gevang is met gesteelde items in hul besit.

Duidelik het hulle nie ‘n sambreel gehad by hulle nie want dit het harde klappe gereën! – Dit word beweer dat die drie baie aktief is in die Oukasie asook in Elandsrand. Hulle breek in by eiendomme in die vroeë oggend ure en besteel die mense. Daar word ook vermoed dat nie een van hulle van Suid Afrika is maar van Malawi.

Die gemeenskap wat hulle bymekaar gemaak het, het verduidelik dat soos almal, is niemand skatryk nie. Die mense werk baie hard vir hul geld en wat hulle het, dus sal hulle met yster en tand beskerm wat hulle sin is. Die gemeenskap word gewaarsku om bedagsaam te wees in die dag en nag om hul erwe asook hul besittings veilig te hou.