BREAKING NEWS: Poppe dans toe SAPS, Madibeng munisipaliteit op winkels toeslaan
BRITS – Op Maandag, 18 November 2024, het die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, saam met Brits SAPD, Madibeng Traffic, Madibeng Brandweer en Bojanala Distriksmunisipaliteit, ‘n veldtog begin om alle plaaslike voedselwinkels in Brits te besoek.
Gedurende die veldtog is verskeie winkels besoek en die voedsel wat verkoop word was na gegaan. Daar is op talle produkte beslag gelê en gevat om vernietig te word wat nie onder die regte regulasies gestoor was. Sekere van die produkte met mif op was verby hul verval datums. Winkels wat nie voldoen aan die reëls en regulasies was ook toegemaak.
Dit kom nadat die ooreenstemming met President Cyril Ramaphosa se uitsprake op Vrydag, 15 November 2024, oor voedselveiligheid en die behoefte om regulering by spaza-winkels af te dwing en in die proses die veiligheid en gesondheid van die gemeenskap te verseker.