Erge donderstorms slaan Piet Retief, moontlike ‘microburst’

PIET RETIEF – Verskeie besighede, munisipale infrastruktuur en woongebiede is beskadig deur die intense winde en reënval wat vandag, 10 November 2024, in verskeie dele van Piet Retief ervaar was.

Rampbestuurspanne is aktief besig om die omvang van die skade te evalueer en verskaf noodsaaklike ondersteuning om die veiligheid van diegene wat geraak word te verseker, asook die paaie oop te maak wat deur bome geblok word.

Die munisipaliteit raai alle inwoners sterk aan om binnenshuis te bly en hul veiligheid te prioritiseer gedurende hierdie tydperk. Verder word alle motoriste aangemoedig om versigtig en nougeset te wees terwyl hulle die paaie navigeer, aangesien die N2-pad tydelik gesluit is.

• Wat is ‘n ‘Microburst’:

‘n Mikro-uitbarsting (altans Microburst) is ‘n gelokaliseerde kolom van sinkende lug, of afwaartse stroom, wat binne ‘n donderstorm voorkom. Mikro-uitbarstings is klein, gewoonlik minder as 4 kilometer in deursnee, en kortstondig, en duur slegs 2-5 minute. Hulle kan egter vernietigende winde van tot 270 km/h produseer.