Brits-egpaar ernstig beseer in oggend aanval

BRITS – ‘n Egpaar van ons gemeenskap is in die hospitaal nadat hulle Vrydag oggend tussen 10h00 en 10h30 aangerand was deur drie verdagtes in hul huis in Schutte laan volgens poliesiewoordvoerder, Kol. Adele Myburgh.

Volgens informasie het een van die drie huishulpe van die egpaar, drie gewapende mans in die erf gesien. Die huishulp het geskree en in die huis ingehardloop waar die mans haar agterna gevolg het. Die huishulpe is met ‘n vuurwapen aangehou en het saam die mans deur die huis beweeg, waar hulle in die sitkamer van hul selfone beroof was en toe vasgebind is.

Daarna het die verdagtes na die eerste verdieping van die woning gegaan om die egpaar in hul slaapkamer te oorval. Die man (65) is aangerand en met ‘n pistool oor die kop geslaan. Sy vrou (61) wie reeds ‘n onderliggende gesonheidstoestand gehad het is deur die aanranding ernstig beseer en dié toestand vererger dat sy op ‘n ventilator in die hospitaal geplaas moes word. Die vrou is in ‘n ernstige maar stabiele toestand.

Die polisie is tans besig om ‘n saak van huisroof en aanranding te ondersoek. Enigeiemand met inligting wat kan help om die verdagtes vastetrek word gevra om die Polisie te skakel op: 060 987 7543.