Tuinwerk: ‘Chaos’ toe boom op voertuie beland
BRITS – Daar was “chaos” Donderdag middag by die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Ludorf straat. Daar word beweer dat ‘n boom gesny moes word wat die gebou beskadig het. Een van die twee hoof takke was teen die boom afgesny is, het veroorsaak dat die gewig van die boom dit laat omkeer en op voertuie wat onder die boom parkeer was, geval het.
Twee voertuie was gekrap deur takke van die boom en ‘n Hyundai was ernstig beskadig deur een van die hoof takke wat die motor se bak stukkend geval het. Een ooggetuie het verbaas gevra hoekom die motors nie verwyder was voordat daar aan die boom gesny was nie.
Madibeng het ‘n span op die toneel gehad wat die boom verwyder het teen laat middag. Geen mense was beseer in die voorval nie.