Motoris skiet drie vermeende kapers dood
DIEPKLOOF – Polisie ondersoek ‘n voorval waar drie vermeende kapers in Soweto na bewering deur ‘n motoris geskiet is. Die motoris het glo Dinsdag oggend tydens ‘n poging tot kaping by die Diepkloof-wisselaar losgebrand.
Die polisie in Gauteng sê die motoris is glo deur die verdagtes voorgekeer, wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het en daarna probeer het om die motor te kaap. Die motoris het toe glo sy vuurwapen uitgepluk.
“Daar word beweer dat ’n man op die snelweg gery het toe insittendes van twee verskillende voertuie hom beduie het om te stop en vir hom gewys het wat lyk soos ’n polisie-aanstellingsertifikaat,” sê polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi.
“Toe hy stilhou, het drie mans van die rooi Kia Rio-voertuig nader gekom en vir hom gesê daar is fout onder sy motor, en toe hy buk om te kyk, is hy met ’n mes gewys en opdrag gegee om nie te beweeg nie, want hulle wil sy motor hê en nie hom. Die verdagtes van ‘n ander voertuig het ook teruggeskiet terwyl hulle weggery het. Drie verdagtes is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord, poging tot moord en poging tot kaping.