Gru-ongeluk toe bus in taxi vasjaag

LIMPOPO – Talle voertuie was betrokke in ‘n verskriklike ongeluk oorkant die Khoroni-hotel in Thohoyandou na ‘n Scania-bus beheer verloor het en in ‘n minibus vasgejaag het.

‘n Voetganger is dood wat deur die minibus omgery is. Die bestuurder van die minibus is ernstig beseer. ‘n Verdere 11 mense het beserings in die ongeluk opgedoen. Die owerhede het alle pasiënte na die Tshilidzini-hospitaal geneem vir behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word tans ondersoek.