Die Pick-n-Pay suigstokkie dief nog op vrye voet

BRITS – Op Dinsdag, 22 Oktober, het dié suigstokkie-dief by die plaaslike Pick n Pay in die dorp ingestap, een suigstokkie gegryp en toe buite op die dak gaan sit en dit geëet.

Die Owl Rescue Centre is uitgeroep om hom te vang en te verplaas, maar hy het reeds sy wegbreek gemaak toe hulle daar aangekom het. ‘n Week later is die “suigstokkie-dief” wat al baie aapsake in die dorp aangevang het, gesien waar hy die plaaslike “tak” van FNB besoek het.

Owl Rescue het probeer om hom met hul outomatiese aaplokval hok by die plaaslike hoërskool te vang, maar hy is baie slimmer as enige gewone apie. Daar is groot hoop dat hy uiteindelik gevang sal word.

Dit kom nadat The Owl Rescue Centre Woensdag drie Vervet-apies gered het wat in ongelukkige omstandighede in aanhouding aangehou was. Een van die apies het ‘n gebreekte arm gehad. Gelukkig het hulle die beste veeartse wat die probleem vinnig opgelos het.

Danksy Dr Jean, Dr Georgie, Dr Melissa en Dieregesondheidstegnici Khusi en Lebo van Bryanston Avian, Exotic and Small Animal Clinic, sal die apie vir die volgende paar weke saam met haar gesin in rehabilitasie bly totdat dit ‘n geskikte tyd is vir ‘n sagte vrylating. Baie dankie aan almal betrokke!