Pasop! Voertuig “Spikings” nou in Elandsrand

BRITS – Sondag aand omstreeks 23:20 het Secra Security patrollie gedoen in Carel De Wet straat. Oppad na Elandsrand net verby Thatch Haven is ‘n kabel deur patrollie spanne gekry wat oor die pad gespan is.

Motoriste asook inwoners van Elandsrand wat in die nag bestuur moet versigtig wees in die area. Dit kom voor dat dit ‘n nuwe manier is om motoriste tot stilstand te dwing en te beroof. Die kabel asook ander gereedskap is verwyder deur die patrollie.

Baie dankie aan Secra Security wat hul beste doen om ons gemeenskap se paaie te beveilig! Daar word ‘n beroep op die Madibeng Local Municipality gedoen om die instandhouding van die staatlite te implimenteer nadat dit ‘n jaar trug vervang was met splinter nuwe LED-straatligte, maar tans is talle strate elke aand in die donker gelaat.