H.E.M.S leer kinders meer oor gemeenskap veiligheid

BRITS – Station 21 Fire & Rescue het Applous Tutorsentrum in besoek en die kinders geleer oor wat hulle elke dag doen om die gemeenskap veilig te hou.

Die kinders het gesien hoe die toerusting werk, en natuurlik het hulle dit geniet om lekker natgespuit te word! Dankie aan H.E.M.S en Station 21 Fire and Rescue se brandbestryders vir hierdie spesiale ervaring vir die kinders!

“Ons wil graag ons hartlike dank uitspreek aan die wonderlike span van die Brandweer wat ons skool vandag besoek het! Dit was ‘n spesiale geleentheid vir ons studente, gevul met opwindende demonstrasies en waardevolle lesse oor brandveiligheid.

Die kinders het die ervaring werklik geniet en het soveel geleer oor die belangrikheid daarvan om veilig te bly. U toewyding om die gemeenskap te dien en ons studente op te voed, word opreg waardeer. Dankie dat jull vandag onvergeetlik gemaak het!” – A+pplous Tutorsentrum.