Landloop: Charles Rall stel nuwe S.A rekord

BRITS – Baie geluk aan mnr. Charles Rall wat eerste in Suid-Afrika is met landloop in sy ouderdom, 75 tot 80 jaar. Mnr. Charles se tyd is bevestig as ‘n nuwe S.A rekord asook ‘n nuwe Afrika rekord vir die Men75 – 4km. Hy is deel van die afrigting-span by die Hoërskool Brits.

“Baie dankie aan almal vir die ondersteuning en gelukwense dit is vir my oorweldigend en ek wil net sê ek waardeer dit geweldig. Ek wil graag my ondervinding deel met die jonger geslag en daarom is dit vir my ‘n groot voorreg om betrokke te kan wees by die afrigting span by Brits Hoërskool.” – het mnr. Charles Rall op Facebook geplaas.