Valke trek nege vas in hoëprofiel diamantbedrogsaak van R4 miljard
GAUTENG – Die diamanthandelaar Louis Liebenberg, sy vrou Dezzi, en sewe ander verdagtes is in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, geldwassery, diefstal en rampokkery oor ‘n diamantbeleggings bedrogspul van R4 miljard.
Liebenberg het Woensdagoggend ‘n video van die polisiekantoor in Bronkhorstspruit gedeel. Louis en sy vrou, Dezzi, word tans daar aangehou. Die video is op sy geslote sosiale media-groepe gedeel.
“Goeie môre. Dit gaan goed met my nadat ek gearresteer is. Ek kan Dezzie sien en ek kan vir haar waai. Ek bid dat sy binnekort borgtog toegestaan sal word,” het Louis in die video gesê.
Die inhegtenisneming van die beweerde diamantbedrog meesterbrein hou in verband met die beweerde bedrog van beleggers uit R4 miljard is die hoogtepunt van ‘n vyf jaar lange ondersoek deur die Valke.
Daar is reeds ‘n paar pleit ooreenkomste aangegaan. Die pleitooreenkomste blyk in ruil vir 3 – 5 jaar tronkstraf te wees. As Louis Liebenberg skuldig bevind word van die Ponzi skema behoort hy effektiewe lewenslank tronkstraf te kry.
Marietjie Prinsloo, die baasbrein in die Krion-bedrogspul het in ‘n soortgelyke geval effektief lewenslank tronkstraf gekry en haar skema was ongeveer ‘n derde so groot soos Louis Liebenberg s’n na bewering is.