Louis Liebenberg saam sy vrou in arres, slaap vanaand in polisieselle
BENONI – Die private speurder Mike Bolhuis het bevestig dat die verneemde Ponzi-baas en diamantsmous Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, Dinsdagaand by die Tonino-restaurant by die Benoni-buiteklub deur die Valke in hegtenis geneem.
Dit kom twee dae nadat die Valke nuwe bewerings teen Liebenberg gekry het vir ondersoek. Dit sluit in dat hy groot somme geld aan verskeie hooggeplaasde politici, polisiemanne, en ander staatsamptenare betaal het. Die egpaar sal na verwagting vanaand (Dinsdag) in die polisieselle deurbring en Woensdagoggend voor die hof gebring word.
*In video word gevloek* – die video wat 20 Oktober 2024 geplaas is, praat Liebenberg oor bewerings teen hom uit die Table Bay Hotel in Kaapstad: