Reaksie-eenhede en buurtwag brandspanne ondersteun tydens brand op militêre basis

AfriForum Reaksie-Eenhede en AfriForum Buurtwag se Brandspanne hul hulp verleen tydens ‘n brand op ‘n militêre basis wat gevaarlik naby die Bybelhuis beweeg het. Die AfriForum911 Reaksie-Eenheid (S3) offisier het die brand opgemerk en ondersoek gaan instel, waarna die Militêre Brandweer reeds op toneel was. Hulle het vir addisionele bystand gevra.

Die AfriForum Buurtwag lede van Sektor 1, 3 en 5 se Brandspanne, saam met AfriForum911 Reaksie-Eenhede (S2 en S3), het vinnig op die toneel gereageer en saam met die weermaglede gewerk om die vuur te blus.

Die brand het ontstaan vanaf die N1 agter ʼn vulstasie waar AfriForum Brandweer/Fire Ops en Mangaung Brandweer ook reeds besig was om die vuur te veg en weens die sterk winde, die brand verder gedruk het. Met groot samewerking kon hulle daarin slaag om die vuur te blus en om te verhoed dat die brand die Bybelhuis bereik en verdere skade veroorsaak.