Panic Macanic: Jinne nee man! Waarheen nou Hans Strydom?
PRETORIA – Die bekende sanger en akteur Willem Botha het Woensdag ‘n video van ‘n roekelose bestuurder in Pretoria gedeel. In díe onlangse Facebook-plasing het Botha ‘n video gedeel van ‘n wit bakkie wat in ‘n boom vasgery het op Hans Strydomweg in Pretoria.
Die video wys hoe ‘n wit bakkie van die pad af dryf, terwyl sy hele enjinkap opgelig is, wat duidelik die bestuurder se sig blokkeer. Oomblikke later, toe die voertuig van die pad af beweeg, het die bakkie teen ‘n boom vasgery. “Of f*k, daar ry hy in ‘n boom vas,” het Botha in die video gesê.