Dis nie veilig om ‘n Fortuner te bestuur!
BRITS – Blitse reaksie van Protego Sekuriteitsbeamptes het daartoe gelei dat ‘n gekaapte Toyota Fortuner opgespoor en teruggevind is wat deur Brits gery het.
’n Kort jaagtog het gevolg toe die bestuurder van die gesteelde voertuig by ’n bosgebied ingedraai en probeer vlug het. Beamptes het daarin geslaag om die verdagte te vang en in hegtenis te neem asook die voertuig terug te kry. Dankie vir alle beamptes en Brits OCC vir die bystand!
Maar hoekom nou juis die Fortuner – asook die Hilux? Voertuie, soos die Toyota Fortuner en Hilux, is vernaamste teikens vir kapers vanweë hul uitsonderlike spoed en krag. Die opwinding van die rit, tesame met hul hoë herverkoopwaarde, maak hulle uiters gesog op die swart mark.