Motor ongeluk op R512 eis een
BRITS – Die H.E.M.S span het gereageer op ‘n ongeluk op die R512 waarby twee voertuie betrokke was. Ongelukkig is een persoon op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander persoon matige besering opgedoen het.
Die pasiënt is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Dit is noodsaaklik vir alle padgebruikers om by verkeersregulasies te hou en waaksaam te bly terwyl hulle bestuur.
Die veiligheid van almal op die pad is ‘n gedeelde verantwoordelikheid. Baie dankie aan alle spanne vir toneel beheer en skoonmaak!