BREAKING NEWS: Hartbeespoort ‘shutdown’ – roep vir kalmte te midde van rassespanning

HARTBEESPOORT – Die Burgemeester van Madibeng, Rdl. Douglas Maimane het met groot kommer kennis geneem van die groeiende bewerings van rassisme in die Hartbeespoort-omgewing oor ‘n boodskap van ‘n volledige stilstand Vrydag, 27 September, wat die ronde doen.

Die Hartbeespoort-afsluiting sluit in:

• Betoging teen – Rassisme, Ontwikkeling, Infrastruktuur, Grond, Swartbesigheid en Ekonomiese insluiting.

• Die gemeenskapslede wat deel gaan wees sal die buitelanders se winkels voor die optog ook laat toemaak.

Groepe wat betrokke gaan wees:

• Gemeenskapslede
• Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SACP)
• United Democratic Front (UDF)
• Colonization of South Africa

Die oënskynlike rassespanning in die sakegemeenskap van Hartbeespoortdam het blykbaar ‘n situasie genoodsaak waarin sommige lede van die gemeenskap besluit het om op hul eie op te tree.

Die burgemeester doen ‘n beroep op kalmte te midde van die genoemde situasie aangesien die betrokke owerhede in die provinsie en nasionaal van hierdie bewerings gewaarsku is.

Terwyl die Munisipaliteit aksies ondersteun om rassisme te bekamp en uit te roep, moet sulke aksies binne die grense van die wet wees, aangesien die regering altyd die beginsel van grondwetlikheid sal ondersteun.

“Rassisme verteenwoordig ‘n ongelukkige verlede wat ons agter ons sal wil plaas. Dit het geen plek in die samelewing nie en moet nooit toegelaat word om te floreer nie. Ek is vol vertroue dat die betrokke owerhede tot die bodem van hierdie saak sal kom en verseker dat kwessies soos rassisme nooit sy lelike gesig na ons gemeenskappe toe bring.” Het Maimane gesê.

Owerhede gee aandag aan die saak en sodanig word die gemeenskap versoek om versigtig te wees om te verseker dat alle aksies wat geneem word wettig is en nie deur wraak aangevlam word nie.