Ernstige beserings opgedoen na ongeluk op Mothutlung-pad

BRITS – Saterdag, het ‘n enkel voertuigongeluk op die Mothutlung-pad plaasgevind wat daartoe gelei het dat een pasiënt ernstige beserings opgedoen het. Die voertuig, wat glo beheer verloor het, het die pad verlaat en en in die veld beland, wat een insittende binne-in vasgekeer gelaat het.

Die H.E.M.S span en Station 21 Fire & Rescue het vinnig op die toneel gereageer. Met aankoms was een persoon vasgevang in die wrak.

Met behulp van hidrouliese toerusting is die pasiënt is uit die voertuig gehaal. Die pasiënt, wat ernstig beseer is, het onmiddellik mediese hulp op die toneel deur H.E.M.S paramedikuste ontvang.

Die pasiënt is na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk en enige bydraende faktore. Die voorval beklemtoon die belangrikheid van padveiligheid wat motoriste moet oplet!