Twee nuwe raadslede ingesweer in Madibeng
BRITS – Me. Hlanganani Mathonsi en mnr. Graeme Peplar is ingesweer as Raadslede van Madibeng Plaaslike Munisipaliteit. Brits-landdros, me. Elna Moolman het die proses onlangs in die teenwoordigheid van speaker van die raad, Rdl. Ditshego Mbezi, uitgevoer.
Die proses is ook deur Rdl. Erna Rossouw, Rdl. Jan Van Rhyn and MMC Motladi Modipane. Mathosi en Peplar sal onderskeidelik vir Wyk 17 en Wyk 30 verantwoordelik wees na die tweeverkiesing wat onlangs in Madibeng gehou is.
Speaker Ditshego Mbezi het die twee Raadslede sterkte toegewens met hul nuwe verantwoordelikhede.