Meeste van 88 lyke begrawe van die Brits Forensiese Patologie-lykshuis

BRITS – Die Noordwes Departement van Gesondheid sê dit het die meeste van die 88 onopgeëiste lyke by die Brits Forensiese Patologie-lykshuis begrawe laasweek.

Die Departement van Arbeid en Indiensneming het besluit om regstappe teen die Provinsiale Gesondheidsdepartement te neem vir die oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BVG) by die lykshuis, nadat inspekteurs gevind het dat yskaste gebruik word, al werk dit nie. Die lykshuis het ook nie water en werkende ventilasie gehad wat ‘n ernstige gesondheids risiko vir werknemer inhou.

Hoewel die departement sê dat hulle die yskaste reggemaak en diep skoonmaak werk by die lykshuis gedoen het, word die departement nou daarvan beskuldig dat hy maande lank lyke hou. Die departement se woordvoerder, Tshegofatso Mothibedi, het die skuld op die polisie gepak.

“Dis is belangrik om daarop te let, nie almal nie, maar ‘n paar liggame was meer as ‘n jaar in ons fasiliteit. Dit is hoofsaaklik te wyte aan polisieondersoeke oor omstandighede rondom die dood rakende die liggame. Tensy polisie-ondersoeke afgehandel is, is ons nie in staat om massabegrafnisse te doen nie, hangende begrafnissertifikate van die SAPD. So, die wet laat toe dat die liggame wat ondersoek word, vir hoe lank ook al gestoor word totdat ondersoeke afgehandel is deur SAPS.” het Mothibedi gesê.

Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, weerlê egter bewerings dat die vertraging geheel en al aan die polisie te wyte is.

“Dit het inderdaad lank geneem voordat die genoemde liggame geïdentifiseer is. Dit is algemeen bekend dat elke saak volgens sy meriete behandel word. Dit is ook duidelik dat daar mis kommunikasie tussen ondersoekbeamptes en staatslykhuis bestuur was en dit het tot hierdie situasie bygedra.” het Mokgwabone gesê.