Berugte veedief in aanhouding, R150,000 se beeste truggevind

POTCHEFSTROOM – ‘n Vermeende berugte veedief, Moses Matshego (39), sal in aanhouding bly na ‘n kort verskyning in die Ditsobotla-landdroshof in Itsoseng. Hy sal na verwagting weer op Donderdag, 12 September 2024, voor dieselfde hof verskyn.

Matshego is Woensdagoggend, 4 September 2024, naby Itsoseng in hegtenis geneem nadat lede van die Mahikeng Veediefstal en Bedreigde Spesies (STES)-eenheid ‘n wenk opgevolg het oor vermoedelik gesteelde beeste wat in ‘n vragmotor gelaai is. Die lede het daarin geslaag om die verdagte te arresteer wat in besit gevind is van 15 beeste ter waarde van R150 000,00. Volgens inligting het die beskuldigde reeds die bees met sy brandmerk, gebrandmerk.

Voorlopige ondersoek na die saak het getoon dat die beeste na bewering van verskillende plekke in en om Mahikeng en Itsoseng gesteel is. Daar is verder vasgestel dat die beskuldigde voorheen op verskeie veediefstalsake in die provinsie aangekla is, hoewel sommige teruggetrek is weens ondersoekverwante navrae. Die moontlikheid om die beskuldigde met meer sake te verbind, kan nie uitgesluit word nie.

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Sello Kwena het lede van STES geloof vir hul vinnige reaksie wat gelei het tot die beslaglegging op vee en die aanhouding van die beskuldigdes vir veediefstal, wat een van die problematiese misdade is.