Drie motor ongeluk op die Van der Hoff, R514

HARTBEESPOORT – Die H.E.M.S span het spoedig gereageer op ‘n voertuig ongeluk waarby ‘n vragmotor, ‘n bakkie en ‘n voertuig op die R514 Van der Hoff-pad betrokke was.

Met die aankoms van die nood dienste, ten spyte van die erns van die botsing, was daar gelukkig geen ernstige beserings nie. Die persone is op die toneel behandel. Baie dankie aan alle betrokke spanne vir toneel beheer en skoonmaak.