Verdagtes vinning vasgetrek na moord op polisiebeampte

GERMISTON – Inligting is ontvang oor verdagtes wat betrokke was by ‘n moord op ‘n polisiebeampte en diefstal van sy vuurwapen. CPS Security het voortgegaan na ‘n informele nedersetting in Alexandra waar een verdagte in hegtenis geneem is en in besit van ongelisensieerde ammunisie gevind is.

’n Sekondêre operasie is gehou, verdere verdagtes is in hegtenis geneem en nog ammunisie is gevind. Die verdagtes is by Germiston SAPD aangehou waar hulle aangekla sal word van gewapende roof, die besit van ongelisensieerde ammunisie en met die Moordsaak verbind sal word.

Daar is later vasgestel dat die verdagtes ook met verskeie gevalle van gewapende roof verbind word, waardeur die verdagtes die uber-bestuurders sou aanvra, hoofsaaklik in die Germison-omgewing om te beroof met hul aankoms.

Baie dankie aan al die betrokke eenhede:

• CPS Security
• EMPD CLU
• Flying Squad
• Germiston SAPS
• GTP Airwing
• Johannesburg K9
• JMPD TRU