Een beseer tussen Ford en Izuzu botsing
CANELANDS – Een persoon het geringe beserings opgedoen in ‘n botsing waarby twee bakkies op Vincent Dickensonweg betrokke was. Lede van RUSA is omstreeks 14:33 op Vrydag na die toneel uitgeroep. Met hul aankoms het Reaksiebeamptes ontdek dat ‘n wit Isuzu en ‘n wit Ford Ranger in ‘n botsing was.
Daar is vasgestel dat die Isuzu-bakkie besig was om ‘n voertuig verby te steek toe dit in die voertuig op die oorkantste baan gebots het. Die bestuurder van die Isuzu-bakkie het ligte beserings opgedoen en is na ‘n privaat hospitaal vervoer.