Energie en uithouvermoë by die jaarlikse ‘Last Lady Standing’
BRITS – Op Woensdag, 28 Augustus 2024, het die jaarlikse Last Lady Standing geleentheid by Wellness Gym in Brits plaasgevind. Last Lady Standing is ’n fisieke uithouvermoë-uitdaging wat deur Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se Maatskaplike Dienste, Sport, Kuns en Kultuur-afdeling aangebied word.
Vroue van agt verskillende staatsdepartemente regoor Madibeng het aan hierdie geleentheid deelgeneem om te sien wie die laaste vrou sou wees wat na byna 3 uur se fisiese oefening sou staan.
Die was meer as 100 deelnemers en uiteindelik was die Last Lady Standing die formidabele Inge Swanepoel van die Noordwes Departement van Gesondheid: Madibeng Sub-distrik. Uit dieselfde departement was Zizipho Mdingi ‘n sterk tweede, en in die derde plek, op die wonderlike ouderdom van 53, het Elizabeth Maphalala Madibeng se Brand- en Rampafdeling goed verteenwoordig.
Die hoofborg vir die geleentheid was Bosman Droërs, en daar was ook ondersteuning van Wimpy, Brits Rugbyklub, Brits Krieketklub, VK Spares, Cash & Carry en Brits Gymnastics.