Verdagtes vasgetrek na juweliersware winkel rooftog

BOKSBURG – Twee voertuie is opgemerk wat teen ‘n hoë spoed op die R59-hoofweg in Alberton deur een van CPS Security se taktiese eenhede gejaag het. Meer beamptes in die area is versoek om vas te stel hoekom die voertuie roekeloos bestuur het.

EMPD en CPS taktiese eenhede het probeer om die voertuie by Kliprivierrylaan te stop waar ‘n skietery plaasgevind het. Die verdagtes het gevlug van ‘n juweliersware-rooftog waar ‘n lid van die publiek geskiet is.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Albei wegkomvoertuie is saam met een ongelisensieerde vuurwapen teruggevind asook die juweliersware wat tydens die rooftog geneem is. Albei wegkomvoertuie het positief getoets, geneem in ‘n kaping in Liden en Berea. Baie dankie vir die hulp aan al die betrokke eenhede wat gehelp het!

• CPS Security
• EMPD CLU
• EMPD Swat
• SAPS JHB Airwing
• GTP Airwing
• SAPS Flying Squad
• SAPS Highway Patrol