Twee ernstig beseer in ongeluk op Beestekraal

BRITS – Sondag het ‘n enkelvoertuig ongeluk plaasgevind op die R511 naby Beestekraal. Die H.E.M.S span en Station 21 het op die toneel met spoed gereageer. Met hul aankoms het spanne twee pasiënte met verskillende grade van beserings teëgekom.

Een persoon was in die voertuig vasgekeer en moes dringend verwyder word. Deur gebruik te maak van hidrouliese toerusting, ook bekend as die “Jaws of Life,” het die span die pasiënt, wat ernstige beserings opgedoen het, suksesvol bevry.

Die beseerde persoon is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling. Nog ‘n pasiënt wat matige beserings opgedoen het, is ook op die toneel behandel en na ‘n hospitaal in Brits vervoer.

Owerhede ondersoek tans die oorsaak van die ongeluk. Die vinnige en doeltreffende reaksie deur Nooddienste was instrumenteel in die bestuur van die situasie en om te verseker dat beide individue die nodige sorg ontvang. Baie dankie aan al die reaksie spanne vir toneel beheer en skoonmaak!