‘Toerisme en Vrede’ – op die Harties dam
HARTBEESPOORT – Op Dinsdag, 27 Augustus 2024, het LUR Bitsa Lenkopane die Toerisme Media-bekendstelling vir die Noordwes Provinsie in Hartbeespoort aangebied. Die tema vir hierdie jaar is “Toerisme en Vrede”, ter viering van “30 jaar van die koppeling van mense, plek en kultuur.”
Die doel van die dag was om media- en toerisme-belanghebbendes amptelik in te lig oor die komende Toerismemaand-aktiwiteite asook om aandag te vestig op en die toerismebedryf aan te moedig in sy rol as ‘n sleutelbydraer tot die plaaslike ekonomie.
Die LUR het die media tydens onderhoude daaraan herinner dat alhoewel Noordwes ‘n landelike provinsie is, dit ryk is aan sy produkte en dit dien die land en die wêreld.