H.E.M.S slaag om hondjie uit boorgat te red

BRITS – Sondag middag het die H.E.M.S span se brandweer, Station 21, ‘n dapper baba hondjie gered nadat hy in ‘n boorgat geval het. Die hondjie was ongeveer twee ure in die smal gat vasgekeer.

Die hondjie het per ongeluk in die boorgat geval by ‘n woning in Brits. Die huis eienaars het na hulle hondjie gesoek en hom hoor huil in die boorgat waarna hulle nooddienste gebel het. Die gat was relatief diep en het ‘n gevaarlike omgewing vir die hondjie geskep.

Vinnige reaksie deur H.E.M.S se brandweer- en reddingspan het verseker dat die hondjie veilig gered kon word sonder verdere beserings. Met behulp van spesiale gereedskap en tegnieke het die span die hondjie versigtig en met sorg uit die gat gehaal.

Volgens een van die spanlede was die hondjie senuagtig maar in goeie gesondheid toe hy gered is. “Dit was ‘n uitdaging om die hondjie uit die boorgat te kry, maar ons is bly dat ons in staat was om die hondtjie te help,” het die spanlid gesê. Dankie aan die span en almal wat gehelp het!