SOE ontdek R3 miljard in bedroglike mediese-regsese
GAUTENG – Dr Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het met die hulp van die spesiale ondersoekeenheid onthul die departement het meer as R3 miljard in bedrieglike mediese wanpraktyke-eise gespaar.
Die SOE ondersoek bewerings van korrupsie, bedrog en wanadministrasie wat verband hou met medies-regseise wat binne openbare hospitale gemaak word. Motsoaledi het gesê die provinsies met die hoogste aantal bedrieglike eise sluit die Oos-Kaap en Gauteng in.
“Ons het verskeie eise opgemerk wat heeltemal uitmekaar was en glad nie sin gemaak het nie, daar was eise wat klaarblyklik bedrieglik was, byvoorbeeld, ‘n eis is ingedien waarin die eiser R70 miljoen geëis het vir ‘n vermoedelik gebroke besnydenis deur ‘n dokter in ‘n hospitaal in Limpopo provinsie.
“By ondersoek na hierdie eis is daar gevind dat geen so ‘n besnydenis ooit uitgevoer is nie. Daar is ook gevind dat die pasiënt vir ‘n baie ernstige geslagsinfeksie behandel is, die hospitaal het eintlik sy lewe gered.” het Motsoaledi gesê.
“Die SOE is toe ingeroep om na hierdie baie verdagte eise te kyk, in 2017 het die SOE met hul werk begin deur provinsies te teiken met die hoogste aandeel eise, dit was in Gauteng en die Oos-Kaap Provinsies,” het Motsoaledi gesê.
• Noordwes met 230 medies-regseise ter waarde van R1,5 miljard.
• Gauteng het 2 450 medies-regseise ter waarde van R24 miljard gehad.
• Vrystaat het meer as 417 medies-regseise ter waarde van R4,9 miljard gehad.
• KwaZulu-Natal alleen het 2 440 medies-regseise ter waarde van meer as R29 miljard gehad.
• Mpumalanga het 519 medies-regseise ter waarde van R6,4 miljard gehad.
• Limpopo het 1 600 medies-regseise ter waarde van R14 miljard gehad.
• Oos-Kaap het 2 500 medies-regseise ter waarde van R22,3 miljard gehad.
• Noord-Kaap het net 114 medies-regseise ter waarde van R1,5 miljard gehad.
• Wes-Kaap het 409 medies-regseise ter waarde van R2,8 miljard gehad.