Motor beland onder langs brug, een ernstig beseer

BRITS – Maandag het die H.E.M.S span vinning gereageer op ‘n enkelvoertuig ongeluk op die R566 wat daartoe gelei het dat een persoon ernstige beserings opgedoen het. Met aankoms het H.E.M.S-spanne dadelik die pasiënt op die toneel begin behandel. Nadat hulle die pasiënt gestabiliseer het, is sy na ‘n hospitaal in Brits vervoer vir verdere behandeling.

Weens die erns van die pasiënt beserings wat gedurende die ongeluk opgedoen is, is die pasiënt later na ‘n gespesialiseerde fasiliteit in Johannesburg oorgeplaas. Baie sterkte aan haar en die Familie in die moeilike tyd! Dankie aan die reaksie spanne wat op die ongeluk gereageer het, vir skoonmaak en toneel beheer.