Oukasie ‘shutdown’ beplan vir Dinsdag

BRITS – Op Dinsdag, 20 Augustus 2024, sal Oukasie-inwoners ‘n vreedsame optog na die Madibeng plaaslike munisipaliteit in Brits onderneem om ‘n memorandum met griewe van die gemeenskap te oorhandig.

Onder ander griewe sluit in:

• Bo-normale eenheidstariewe van munisipale elektrisiteit wat nie in ooreenstemming met NERSA is nie.

• Installering van nuwe gesplete meters en sny toevoer van elektrisiteit af sonder om met inwoners te praat.

• Bedanking van Raadslede voordat ‘Operasie Patela’ in Oukasie hervat word.

• Bevestiging van ‘Beëindiging van Kontrak’ tussen Munisipaliteit met Spectrum & Ice Cloud.

Motoriste in Elandsrand en in Brits word aangeraai om alternatiewe roetes na en van die dorp te soek om vertragings te vermy. SAPD en Sekuriteitsbeamptes sal na verwagting op pad na die Munisipaliteit gestasioneer word om die vrede tydens die optog te bewaar.