R511 Verkeerslig (nogsteeds) buitewerking by Brits Mall

BRITS – Motoriste word gewaarsku teen verkeers opeenhopings nou op die besige paaie voor die lang naweek. Nadat bevind is die verkeerslig op die R511 by Brits Mall wat (nogsteeds) nie werkend is nie.

Asook padweke by die graansilo’s op die R512 en die verkeersligte wat nie werk nie, gaan motoriste wel in verkeers opeenhopings gedwing word om te wag.

Daar is tans verkeers beamptes wat die vloei van die voertuie beheer. Gehoorsaam die padreëls en wees geduldig, jy sal by jou bestemming uitkom!