Laerskool Brits Sport: Super 8 Tennis

BRITS – Laerskool Brits se tennisspelers het die afgelope naweek aan die Super 8 Tennistoernooi in Bethlehem deelgeneem. Dit was ‘n tennistoernooi met baie talent en die Britsies het nie teruggestaan nie. Die volgende spelers het aan die toernooi deelgeneem:

• Sias Fourie
• Jeanné Fourie
• Duardo Labuschagne
• Carolé Roos

Baie geluk aan Sias Fourie wat ‘n silwer medalje ontvang het vir speler nr 1. Hy is ook aangewys as die seun met die beste gesindheid op die baan. Laerskool Brits het algeheel 5de geëindig. Ons is baie trots op elke speler. Julle het jul harte uitgespeel.