Padwerke: Dit voel soos ‘n nuwe wêreld

ELANDSRAND – Die gedeelte van Magaliesbergpad tussen die Oukasie-ingang en Carel De Wet straat was herstel op Woensdag, 10 Julie tot 11 Julie 2024. Die rehabilitasieproses wat op die pad plaasgevind het is voltooi en die lyne is geverf.

Baie dankie aan die Madibeng-munisipaliteit span wat die stuk pad oorgedoen het na jare se kopseer en rond geskud op die pad! Motoriste word aangeraai om versigtig te bestuur en altyd aan die padreëls te gehoorsaam.