Madibeng, wat gaan aan dat daar nou so gewerk word?
ELANDSRAND – Iets het gebeur by die Madibeng Munisipliteit weet julle dit? Daar word ‘n verskil in ons dorp aangemerk, al is dit hoe klein, wat herstelwerk aanbetref. Mens besef nie hoe lank word daar gewag voordat ‘n werk voltooi word deur die Madibbeng spanne nie.
Vanaf 10 Mei tot 30 Julie 2024 (rekord tyd as jy my vra) was daar baie gewerk in Elandsrand aan die hoof pad asook in die strate van Elandsrand. Een straat, Hexrivier, wat talle inwoners en motoriste vir meer as 10 jaar lank gesukkel het met slaggate asook ‘n gesteelde ‘Stop’-bord is uiteindelik herstel. Baie dankie aan die spanne wat skouer aan die wiel sit en dinge laat gebeur in ons dorp!