Gru-ongeluk op Silkaatsnek eis drie, talle beseer
BRITS – Die H.E.M.S-span is Dinsdag middag na 14h00 na ‘n ernstige ongelukstoneel naby Silkaatsnek op die R511 / R513-kruising uitgeroep.
Met aankoms op die toneel is vasgestel dat ‘n vragmotor en verskeie ander voertuie in mekaar gebots het, wat ongelukkig tot die lewensverlies van drie mense en veelvuldige beserings gelei het. Die pasiënte is op die toneel deur noodpersoneel behandel en na hospitale in Brits vervoer vir verdere mediese behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word tans deur die SAPD ondersoek. Ons innerlike meegevoel met elke gesin wat in hierdie verskriklike ongeluk geraak is. Dankie aan alle noodeenhede vir toneelbeheer en skoonmaak!